Mood

Leah

A homegrown, polished artist.

Tracks10

Sy het die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf stormgeloop met haar debuutalbum en vinnig volksbesit geword. Haar debuutalbum, Wonderwerk, spog met goue status vir verkope en sy was ook vir twee jaar in ‘n ry die aanbieder van kykNET se immergewilde Boer Soek ‘n Vrou reeks. Haar tweede album is ‘n Deluxe weergawe van Wonderwerk wat vier splinternuwe liedjies sowel as twee heropnames en ‘n verrassing akoestiese nommer insluit en het ook goue status behaal. Sy het die silwerdoek betree in 2013 in die musiekfliek As Jy Sing saam met Bobby van Jaarsveld en in 2018 in die rolprent, SUSTERS met Diaan Lawrenson en Quanita Adams waarin sy een van die hoofrolle vertolk het. SUSTERS het verskeie loketrekords gebreek. Haar nuutste album, Kyk Na My is in September 2019 bekendgestel met gewilde snitte soos Kyk Na My, Ek Noem Jou Myne (Cross My Heart) en die meer onlangse Girls Night. Sy is nie net toegerus met drie albums nie maar Leah is ook ongelooflik goed gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ‘n BCom (Regte) graad agter haar naam en opleiding aan die Waterfront Teaterskool. Na die sukses van Met Jou Klere Aan, Volmaan en ek Mag Jou Mis het sy ook ‘n trefferduet met Jo Black uitgereik getiteld, Nooit Alleen wat ook die temalied vir die fliek SUSTERS is. Haar funky treffer saam met Kurt Darren en Snotkop, Selfie Song, is ‘n lekker tong-in-die-kies liedjie en mense is gaande daaroor.

Leah

Get notified when Leah announces a show

Be the first to know.

Download on the App StoreGet it on Google Play
Music profile
energy
60
polish
80
commerciality
40
fashion
60
locality
80
nostalgia
40
age
40
Common questions
What are Leah live shows like?+

Leah's live sets are tight and well-rehearsed - mid-paced sets where the arrangements come through clearly.

How can I find out when Leah is playing?+

Follow Leah on Mood to get notified when new shows are added. Mood tracks their upcoming events across all supported cities.

    We use cookies to personalize your experience and analyze traffic. You can opt out at any time.

    Leah - Concerts & Tour Dates | Mood