Jay
A stylish, polished artist.
Dis al tien jaar sedert hy sy eerste solo album uitgereik het (Solo in 2010) en byna elke uitreiking spog met platinumstatus vir verkope. Sedert hy in 2010 op sy eie paadjie vertrek het, eggo JAY se rekordsukses, ná Eden, in elke projek wat hy aanpak. Of dit nou die indrukwekkende versameling duette met Lianie May is, of die polsende ritmes, stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, JAY se perfekte balans van melodie en liriek waarborg weereens sukses, snit vir snit. Hy is tans besig met opnames vir splinternuwe musiek wat vroeg 2020 bekendgestel word na die duet versamelalbum met Lianie May, Beste van J&L 2018 die rakke getref het. Sy musiek is ook nou digitaal op iTunes en vir streaming op JOOX beskikbaar. Internetsukses met meer as 6 miljoen kyke vir Lê Bietjie Langer asook 2,7 miljoen kyke vir So Lank Sal Ek jou Liefhe en ‘n allemintige 8 miljoen kyke vir Da Vat Hy bewys dat hy die partytjiekoning in Afrikaans bly. Met talle SAMA en Huisgenoot Tempo toekennings asook vyf platinum en drie dubbelplatinum CD’s agter sy naam, hou JAY duidelik van goeie geselskap. Beide sy eerste solo-albums en Bonnie En Clyde het meer as 40 000 eksemplare verkoop binne weke ná vrystelling. Of dit nou 2011 se rol as Jakes in die trefferfilm Platteland, sy marathon 14-jaar loopbaan met Eden, of sy vele suksesse in die loop van die laaste ses vollengte albums en DVD-vrystellings is, JAY het sy naam verleen aan platinum, en in meeste gevalle, dubbel-platinum treffers.
What are Jay live shows like?+
Jay's live sets are tight and well-rehearsed - mid-paced sets where the arrangements come through clearly.
How can I find out when Jay is playing?+
Follow Jay on Mood to get notified when new shows are added. Mood tracks their upcoming events across all supported cities.