Mood

Bok Van Blerk

A homegrown afrikaans artist.

Tracks10

Hierdie is die vermaaklikste boksoort en is bekend daarvoor dat hy musiek maak wat die kol tref en by alle Suid-Afrikaners aanklank behoort te vind. Hy na skool Boukunde en Konstruksiebestuur gestudeer voordat hy vir sewe jaar lank in die boubedryf gewerk het. Die passie om musiek te maak het hom voortdurend daaraan herinner dat hy iets anders as konstruksie wil doen en teen 2005, het Bok bouwerk van ‘n ander aard aangepak deurdat hy as professionele musikant aan sy bewonderaarsbasis begin bou het. Vele albums en ‘n hele rits toekennings later, is Bok een van die land se mees herkenbare stemme en gesigte in die vermaakwêreld, veral nadat hy oor die laaste drie jaar ook gereeld in Suid-Afrikaanse films te siene was. Bok is ook mal daaroor om saam met ander kunstenaars te werk en het reeds liedjies opgeneem saam met Steve Hofmeyr, Valiant Swart, Robbie Wessels en Die Heuwels Fantasties. Hy is ‘n gewilde persoonlikheid in die Suid-Afrikaanse media en verskyn gereeld in koerante, tydskrifte en aanlyn, asook op radio en TV. “Dis in my bloed. Ek geniet musiek maak. Geniet is miskien nie ‘n sterk genoeg woord nie. Ek is mal daaroor. Mal daaroor om te sien hoe mense aanklank vind by my lirieke, hoe hulle saamsing… mal daaroor om te hoor by my bewonderaars hoe ‘n liedjie hulle lewe geraak het of net hul gemoedstoestand gelig het. Ek voel geseënd om te kan sê ek geniet wat ek doen.”

Bok Van Blerk

Get notified when Bok Van Blerk announces a show

Be the first to know.

Download on the App StoreGet it on Google Play
Music profile
energy
60
polish
60
commerciality
60
fashion
20
locality
80
nostalgia
60
queerness
0
age
60
Common questions
What kind of music does Bok Van Blerk play?+

Bok Van Blerk plays afrikaans, pop, rock. Hierdie is die vermaaklikste boksoort en is bekend daarvoor dat hy musiek maak wat die kol tref en by alle Suid-Afrikaners aanklank behoort te vind.

What are Bok Van Blerk live shows like?+

Bok Van Blerk's live sets are loose and exploratory - consistent in quality but rarely identical night to night.

How can I find out when Bok Van Blerk is playing?+

Follow Bok Van Blerk on Mood to get notified when new shows are added. Mood tracks their upcoming events across all supported cities.

    We use cookies to personalize your experience and analyze traffic. You can opt out at any time.